
Elke groot droom begin met liefdevolle eerste treë.
Welkom by Skitter Akademie, die regte keuse vir jou kind!
By Skitter Akademie glo ons dat elke kind uniek is en ontwerp is om te skitter. Ons verwelkom kinders vanaf 3 maande tot en met Graad R in ’n veilige, liefdevolle omgewing waar speel, leer en groei hand aan hand gaan.
Ons pragtige fasiliteite bied volop ruimte vir ontwikkeling – elkeen doelgerig ontwerp vir die fase waarin ’n kind hom of haar bevind:
📍 3 Serfonteinstraat, Libradene
Ons Kleuter- en Baba-kampus fokus op kinders van 3 maande tot Graad RR. Hier lê ons die fondament van leer deur liefdevolle sorg, spel-gebaseerde ontwikkeling en roetine.
📍 5 Markslaan, Farrarpark
Ons Grondslagfase- en Laerskoolkampus is die tuiste van kinders van Graad R tot Graad 7. Hier fokus ons op skoolgereedheid, akademiese groei, kreatiewe ontwikkeling en karaktervorming.
Elke ouderdomsgroep geniet toegang tot veilige, ouderdomstoepaslike speel- en leerareas wat hul volle potensiaal ontsluit.
Skitter Akademie – twee kampusse, een visie:
Om elke kind liefdevol te begelei op die pad van leer en lewe.
Elke groot droom begin met liefdevolle eerste treë.

Ons Visie, Missie en Waardes
Visie
Om ’n veilige, stimulerende en liefdevolle leeromgewing te skep waar elke kind die vrymoedigheid kry om groot te droom, hoog te mik, en op sy/haar unieke manier te skitter.
Missie
Ons missie is om elke kind se ontwikkeling met omgee, kundigheid en integriteit te ondersteun – deur liefdevolle verhoudings, gesonde roetines, en doelgerigte leer wat spel, ontdekking en vreugde beklemtoon.
Ons Waardes
Liefde: Alles begin by omgee.
Vertroue: ’n Veilige hart leer die beste.
Groei: Elke mylpaal word gevier.
Respek: Elke kind is uniek.
Speel: Leer is speel met ’n doel.
Saam: Ouers en opvoeders – ’n span.
Ons Opsies – Van Baba tot Graad R, en Naskool


- 3 170 South African rand
- 2 170 South African rand
- 3 170 South African rand
- 2 170 South African rand
- 3 170 South African rand
- 1 200 South African rand
Skoolure

KLEUTERS
Skoolkwartale en Vakansies
Maandae tot Donderdae
Halfdag: 06:30 - 13:30
Voldag: 06:30 - 17: 30
Vrydae
Halfdag: 06:30 - 13:30
Voldag: 06:30 - 17: 00
NASKOOL
Skoolkwartale
Maandae tot Donderdae
Direk naskool of na buitemuurse aktiwiteite tot 17: 30.
Vrydae
Direk naskool of na buitemuurse aktiwiteite tot 17: 00.
Vakansies
Maandae tot Donderdae
06:30 - 17: 30
Vrydae
06:30 - 17: 00








FASILITEITE WAAR DROME BEGIN




ONS KURRIKULUM – MEER AS NET ’N STEL REËLS
Skitter Akademie se kampusse is met sorg en visie ontwerp om aan die unieke behoeftes van elke ontwikkelingsfase te voldoen. Ons pragtige geboue huisves ruim, kindervriendelike klaskamers wat elkeen toegerus is met eie badkamers, fantasie-hoekies en ontwikkelingsmateriaal wat leer deur spel aanmoedig.
Ons groot buitespeelareas is ’n kinderparadys – volledig toegerus met klim- en klouterapparate, ’n fietsbaan en kreatiewe speelsones.
By Skitter Akademie glo ons dat kinders tot veel meer in staat is as wat ’n voorgeskrewe kurrikulum alleen kan ontwikkel. Daarom bied ons ’n stimulerende, holistiese program aan wat die hele kind ontwikkel – liggaam, verstand, emosie én karakter.
-
Graad RRRRR – Graad RR volg die VLOA (Vroeë Leer- en Ontwikkelingsareas), ook bekend as ELDAS – wat fokus op spel-gebaseerde ontwikkeling.
-
Graad R volg die KABV-kurrikulum (Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring), ook bekend as CAPS – met sterk fokus op skoolgereedheid.
Elke kwartaal ontvang ouers ’n volledige vorderingsverslag – want by ons is ouerbetrokkenheid en deursigtigheid net so belangrik soos onderrig.






Doelgerigte ontwikkeling in ’n droomwêreld vir kinders
Musiek, Wiskunde en Lees is ingesluit by die skoolfonds.
LEER DEUR SPEEL: ONS FOKUSAREAS
Ons kurrikulum ontwikkel sleutelvaardighede wat kinders voorbereid vir skool én die lewe:
-
Lewensvaardighede & verantwoordelikheid
-
Selfstandigheid en identiteit
-
Kreatiwiteit & musiek
-
Taalvaardigheid & kommunikasie
-
Gesyferdheid & vroeë wiskunde
-
Fyn- en grofmotoriese ontwikkeling
-
Hand-oog koördinasie
-
Ouditiewe & visuele diskriminasie
-
Kennis van die wêreld rondom hulle
-
Emosionele welstand & samehorigheid
Skitter Akademie is nie net ’n plek waar kinders leer nie – dis ’n plek waar hulle droom, ontdek, lag, groei… en skitter.




PROFESSIONELE DIENSTE
Pret buite die klaskamer!
By Skitter Akademie is ons kurrikulum reeds omvattend en sluit wonderlike leerervarings soos musiek, Genie- Wiskunde en Lees in. Maar vir dié wat graag nog méér wil ontdek en ontwikkel, is daar ook prettige ekstra buitemuurse aktiwiteite beskikbaar!
Hierdie aktiwiteite word aangebied deur privaat verskaffers en is nie deel van die skoolfonds nie. Aanbieders bied gewoonlik aan die begin van die jaar demonstrasies aan, waarna ouers self kan besluit of hulle hul kinders wil inskryf.
Let asseblief op: Inskrywings en navrae oor hierdie aktiwiteite moet direk met die betrokke aanbieder hanteer word.
Dis ekstra geleenthede vir groei, lag en leer – buite die klaskamer, maar steeds vol waarde!








